3 Mei 2014
Maandelike geboorte onsin?
Standpunt rondom Jes 7 :14
Daar is al vir 'n geruime tyd 'n plemiek aan die gang, oor die "Maagdelike geboorte", waarna hierhdie gedeelte verwys. Baie Bybel geleerdes betwyfel die korrektheid van die ou Afrikaanse vertaling en neem aan die regte vertaling jong vrou en nie maagd nie , moet wees . 'n Belanrike punt word egter in al die argumente om hierdie skrifgedeelde geignoreer.
Lees die hele vers: "
14 Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem. "
Die verwysing na 'n teken is baie belangrik. Enige vrou in haar vrugbare jare kan swanger raak, al was sy tot kort voor die bevrugrting, nog 'n maagd. Daar is niks besonders en definitief geen spesiale tekens aanwesig as swagerskappe gebeur nie. Dit is 'n absolute normale verskynsel.
'n Swangerskap wat as 'n teken klasifiseer, moet 'n baie spesiale swangerskap wees, soos byvoorbeeld 'n regte maagdelike swangerskap.
Die teken word aan koning Agas , 'n baie bekommerde man, gegee, Hy is die koning van Juda en regeer vanuit Jerusalem. Sy koningryk en die nageslag van dan Dawid staar ondergang in die gesig. Die noordelike stamme van israel wat al jare gelede van Juda weggebreek het, is besig om met die hulp van die koning van Aram (Siri
ë van vandag ) teen Jerusalem op te trek. Agas het nie baie vertroue in sy weermag nie en is angbevange. Hy verwag die ergste .
Die teken wat Jesaja hom belowe is nie veel van 'n teken niie. As die kritici,wat die woord maagd as 'n foutiewe vertaling beskou , reg is , het die teken nog minder waarde . Honderde jong vroue het waarskynlik swanger geraak gedurende hierdie tydperk.. As dit na 'n maagd verwys sou niemand aanvaar dat sy 'n 'n maagd was nie. Sy sou ook goeie kans gehad het om gestenig te word.
As ek Asaf was sou selfs ten spyte van my groot kommer dit as 'a absolute nikswerd teken beskou het.
Vir wie word die teken gegee ? Vir Agas wat nie 'n teken wil h
ê nie of vir die Huis van Dawid?
Wat gaan gebeur volgens die teken , gaan gebeur in die leeftyd van die kinders wat tydends die tydperk gebore word. Word Damaskus en Samaria nie verower deur Ninive nie? Al hierdie kinders was dus moontlike tekens en dit maak die teken nog verder belaglik.
Of ????
Is daar dalk tog 'n moontlike professie in hierdie teken?
Verwys dit dalk tog na 'n toekomstige gebeuurtenis ?
Die vraag kan egter gevra word waaroom die verwysing na wat sal gebeuur voor die seunjie weet wat reg of verkeer is.?
Is hierdie maar nie net 'n fiktiewe verhaaltjie wat deur Jesaja geskyf is nie.? Het dit dalk 'n werklike profetiese betekeinis?
Is die volgende aanhaling van Jesaja dalk van toepassing?
Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar? Jes 53.1
Die stukkie oor die opgreiende senntjie kan dan twee of meer betekenisse h
ê
Eerstens wys dit daarop dat die verowering van Jerusalem deur Israel (Samaria) en Siri
ë (Damaskus) nie gaan plaasvind nie en dat die lot wat hulle vir Jerusalim beplan het, binne 'n gslag hulle eie lot sou word.
Tweedens dat die geslag van Dawid sal aanhou met verkeerde we
ë totdat die teken van die speisale geboorte plaasvind. .Die teken sal nie deur almal aanvaar word nie, maar gaan die begin van die dag Here inlei . Die dag van die Here word ook in ander Ou Testamentiese prossie genoem.
WIE HET GEGLO WAT AAN ONS VERKONDIG IS?
En in die dae van Agas, die seun van Jotam, die seun van Ussía, die koning van Juda, het Resin, die koning van Aram, met Peka, die seun van Remália, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om daarteen oorlog te voer; maar hy kon nie daarteen veg nie. 2 Toe hulle aan die huis van Dawid berig stuur met die woorde: Die Arameërs het op Efraim toegesak! —het sy hart en die hart van sy volk gebewe soos die bome van die bos bewe voor die wind. 3 En die HERE het vir Jesaja gesê: Gaan tog uit, Agas tegemoet, jy en jou seun Sjear Ja-sjub, aan die end van die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld, 4 en sê vir hom: Neem jou in ag en wees gerus; wees nie bevrees en laat jou hart nie week word oor hierdie twee rokende stukke brandhout nie—weens die gloeiende toorn van Resin en die Arameërs en van die seun van Remália; 5 omdat Aram onheil teen jou besluit het, Efraim en die seun van Remália, deur te sê: 6 Laat ons optrek teen Juda en dit skrik aanjaag en dit vir ons verower en die seun van Tábeal daaroor koning maak. 7 So sê die Here HERE: Dit sal nie tot stand kom nie, en dit sal nie gebeur nie. 8 Want Damaskus is die hoof van Aram, en Resin die hoof van Damaskus, en binne vyf en sestig jaar sal Efraim verbreek word, sodat dit geen volk meer is nie; 9 en Samaría is die hoof van Efraim, en die seun van Remália die hoof van Samaría. As julle nie glo nie—voorwaar, dan sal julle nie bevestig word nie! 10 En die HERE het verder met Agas gespreek en gesê: 11 Eis vir jou ‘n teken van die HERE jou God: sak diep af na die doderyk, of klim hoog op boontoe. 12 Maar Agas het geantwoord: Ek sal nie eis nie en die HERE nie versoek nie. 13 Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie? 14 Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem. 15 Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is. 16 Want voordat die seuntjie weet om te verwerp wat kwaad is en te kies wat goed is, sal die land vir wie se twee konings jy bang is, verlate wees.